CHURCH OF THE NAZARENE

Laat die Potte Prut 2018

Agapé Familie Kuierdag!

Ons Leefgroepe bied ‘n heerlike potjiekos kuierdag aan op ‘Braaidag’-Maandag, 24 September! Al 3 kampusse (Buffelspoort, Rustenburg en Potch) word uitgenooi om deel te wees en saam te kuier by ons lieflike Buffelspoort Kampus. Die poties is deel van ‘n kompetisie (indien jy nie in ‘n leefgroep is nie word jy spesiaal uitgenooi, ons gaan oorgenoeg kos hê vir almal). Ons gaan lekker vlugbal speel tussen-deur die kuiers, so bring jou hele gesin en leefgroep saam en kom wees deel van ‘n heerlike ‘plaas-kuier’ dag! Sien jou daar