CHURCH OF THE NAZARENE

Hartklop 2018 – ‘n Reuse sukses!!

Hartklop 2018 was ‘n reuse sukses, en ‘n groot seen. Die motief vir Hartklop is om die “hartklop”  van Jesus met ons Buffelspoort / Mooinooi omgewing te deel, vanuit ons Buffelspoort Kampus. Dis ook ‘n heerlike spanbou en saamwerk geleentheid vir ons as gemeente – en wat ‘n ongelooflike lekker saamwerk was dit nie! Kliek op die video hieronder om ‘n kykie te kry van die lieflike ‘vibe’ wat by Hartklop was. Dank aan elkeen van ons 100+ vrywilligers wat hierdie mooi dag moontlik gemaak het!