CHURCH OF THE NAZARENE

Buffelspoort Hartklop Plaasfees

Buffelspoort Hartklop Plaasfees

tyd 08:00

1 Mei 2019

Op 29 Mei 2016 is Agapè se nuwe Buffelspoort Kampus geopen, sentraal geleë tussen Rustenburg en Mooinooi. Ons is dankbaar vir die groei van ons gemeente die afgelope 3 jaar.

Op 1 Mei 2019 word die Buffelspoort Hartklop Plaasfees weer aangebied. Die doel van die plaasfees is grootliks om fondse in te samel vir die uitbreiding van die gemeente en om die gemeente bekend te stel aan die omliggende gemeenskappe. Die dag gaan gepaard met ‘n aantal pret aktiwiteite om dit vir die besoekers die moeite werd te maak.

Die dag gaan afskop met ‘n “Trailrun” en Bergfiets wedren. Dit word gevolg met Bulletjie Rugby, Skyfskiet, Volley Ball en ‘n pret park om die kleinspan besig te hou.

Vir die wat honger is, gaan daar ‘n “foodcourt” en ‘n teetuin wees. Daar is ook plek vir 50 Uitstallers om hulle items te verkoop.

Toegang

Volwassenes en kinders bo 12 – R15.00

Kinders onder 12 – R10.00

MTB Wedren

 

Nuus

Nuusbrief 2019
News Letter 2019

Aansoekvorms

Regsklik op “LAAI AF” en open in ‘n nuwe raampie

Borge brief & info
Stalletjie Aansoekvorm
Trail Run & MTB Inskrywingsvorm