CHURCH OF THE NAZARENE

Agapé Akademie

KOM GROEI DIEPER SAAM MET ONS!

Agapé Gemeente se droom is dat elke volgeling van Jesus na liggaam, siel en gees sal wees soos die waarvan die Psalmskrywer in Psalm 1:3 skryf: “Hy is soos ‘n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen is hy voorspoedig.”

Dis ons hart dat elke volgeling van Jesus gewortel sal wees in Hom en in Sy Woord, maar ook om na liggaam, siel en gees aan te hou groei soos daardie boom van Psalm 1. `n Boom kan net aanhou groei as dit sekere groei-elemente soos water, sonskyn en sekere voedingstowwe ontvang, en netso kan Jesus-volgelinge slegs verder aanhou groei en verdiep as ons lewens met sekere groei-elemente verryk word.

Regdeur die Woord en storie van God se mense,  sien ons dat die blootstelling aan Bybelse lering (teaching) seker een van dié belangrikste groei-elemente in die lewe van Jesus-volgelinge is.

Agapé Akademie se hartklop is dus om elke Jesus-volgeling bloot te stel aan Bybelse lering wat fokus op die liggaam, siel en gees van `n  persoon, om sodoende elkeen te help om ten volle toegerus te word vir dieper, hoër en sterker groei in jou verhouding met God, ander, jouself en die wêreld rondom jou.

As komplekse wesens bestaan mense uit verskeie fasette, en daarom het die Akademie `n multi-dimensionele fokus waarin leringe en kursuse noukeurig saamgestel word om volgelinge van Jesus na liggaam, siel en gees toe te rus vir groei. Ongeag die fokus van die betrokke lering/kursus staan die Woord en Gees sentraal in elke aanbieding en die einddoel van elke lering/kursus is nie net om die intellek toe te rus nie, maar die Gees toe te laat om in die hart en gees transformasie te bewerk.

Die volgende leringe/kursusse word in 2018 by Agapé Akademie aangebied en in 3 kategorieë gegroepeer.

Liggaam (Fisiese wêreld):
  • Immergroen Ouerskap
  • Wees (en bly) Finansieel Vry!
  • Singles & Stinking Thinking: A clear path to marriage
  • Ontdek jou plek: Geestelike Gawes werkswinkel
  • Effective parenting in a defective world
  • Beste van die vorlige GLS`e: Wêreldklas leierskaps opleiding
Siel (Emosioneel)
  • Herstel Dinamika
  • Divorce Care
  • Tall Trees: Maak kennis met jouself en jou persoonlikheid
  • Portrait of a father
  • Basiese beginsels van Trauma berading
Gees
  • Diploma in Teologie (enkel modules kan ook geneem word) – kliek hier
  • Woordskool (3 jaar/12 module Diploma in Bybelkunde/ enkel modules kan ook geneem word) – kliek hier vir meer info
  • Meestelewe
  • Zóé Kruislewe
  • Profetiese skool

GEREED OM SAAM MET ONS TE GROEI?

Jy reg vir groei? Skakel nou by een van hierdie leringe/kursusse in deur ons te kontak by dawie.vs@agape.za.org / office@agape.za.org / (014) 537 2337 of maak gerus `n draai by die i-Toonbank op Sondae.